hoe om pryse te verower
 
  1. Voltooi u inskrywingsvorm met sorg; weggelate inligting of onleesbare handskrif kan u inskrywing benadeel.

  2. Verskaf ‘n kort beskrywing van onbekende of unieke kase bv. “semi-harde kaas met verouderde geur”. Meer inligting help beoordelaars om beter te evalueer.

  3. Heel kase (of halwe kase in die geval waar kase uitsonderlik groot is) beïndruk beoordelaars meer as klein verpakte porsies.

  4. Bring die plakkers, wat Agri-Expo aan u sal stuur, op die produkte aan.

  5. Selekteer en berei u produkte met groot sorg voor.  Voorkoms tel sielkundig meer as wat die punte op die puntekaart toon.

  6. Verpak u produkte noukeurig in sterk houers.  Gebruik sagte verpakkingsmateriaal soos papierrepies en moenie te groot buitehouers gebruik nie. Beskadigde produkte vaar nie goed in kompetisies nie.

  7. Merk u produkte “HOU VERKOEL; MOENIE VRIES NIE” wanneer u van ‘n derdeparty vervoermaatskappy gebruik maak.

< Terug