|
|
| kampioenskap reëls |
| |
- PROMOSIE VAN DIE QUALITé TOEKENNINGS EN PRODUKTE
Deelnemers onderneem om maksimum 12 kilogram, van enige produk wat ‘n Qualité Toekenning verwerf het, te skenk vir promosiedoeleindes. Hierdie produkte word tydens hoë profiel kleinhandel en verbruikers promosies in Kaapstad, Johannesburg, Durban, Port Elizabeth en Knysna saam met die Dubbelgoud Veritas wyne bekend gestel.
- BLINDE BEOORDELING
Produkte word blind beoordeel en handelsmerke sal verwyder en/of bedek word.
- AANTAL INSKRYWINGS PER KLAS
‘n Fabrikant word beperk tot EEN (1) inskrywing per klas per handelsmerk vir produkte met bygevoegde smaakmiddels of vervaardigingsverskille. Bv. Gegeurde joghurt en maaskaas.
- EIE en ANDER HANDELSMERKE
Vervaardigers wie ‘n produk onder eie en kleinhandel handelsmerke vervaardig, mag nie beide produkte in ‘n klas inskryf nie, tensy daar wesenlike vervaardigings- en samestellingverskille tussen die twee produkte is.
- IDENTIFIKASIE VAN PRODUKTE
Plak die uitstallersetikette wat u sal ontvang op die produk of buitehouer. Indien meer as een klas se produkte in ‘n buitehouer verpak word, moet dit met die produkte se klas- en uitstallingsnommers gemerk wees.
- INSKRYWINGS
Inskrywingsfooi: R80.00 inklusief per inskrywing
Die volle bedrag moet die inskrywingsvorms vergesel.
Stuur inskrywingvorms en bewys van betaling soos volg :
Faks +27 (0)21- 975 4446
Epos cheese@agriexpo.co.za
Aanlyn Bankbesonderhede:
Agri-Expo
Rekeningnommer 072 313 382
Standard Bank Helderberg
Takkode 03–30–12
- KLEINHANDEL HANDELSMERKE
Vervaardigers wie kleinhandelhandelmerke verpak moet die produkte onder hul eie naam inskryf en die kleinhandelaar se naam as die handelsmerk gebruik.
- VOEDSELBYVOEGINGS
Smaakmiddels is enige voedseltoevoegings toegelaat in die regulasie wat betrekking het op Melk en Suiwelprodukte in die Voedsel, Kosmetiesemiddels en Ontsmettingsmiddels Wet No. 54 van 1972 maar sluit NIE melkbestandele in nie.
- PRODUK BESKIKBAARHEID
Deelnemende produkte moet vrylik in hul onderskeie markte beskikbaar wees. Pryse mag herroep word indien dit bleik dat die produk nie beskikbaar is nie.
- Die Qualité merk word toegeken aan ‘n produk waarvan die gemiddelde punt hoër is as ‘n voorafbepaalde punt op die 30-punt beoordelingskaart.
- Die Produk van die Jaar toekenning word aan die produk, wat die hoogste gemiddelde punt in die kompetisie behaal, gemaak.
- Die Hoofbeoordelaar se punt(e) word gebruik waar produkte dieselfde punte behaal ten einde ‘n beslissing te bereik.
- Pryse sal alleenlik toegeken word as ‘n minimum van drie inskrywing per klas ontvang was.
- Die Hoofbeampte behou die reg voor om, in samewerking met die uitstaller, ‘n produk in ‘n meer gepaste klas te plaas.
- Produkte moet aan die regulasies van die land van oorsprong voldoen en/of aan die Codex Alimentarius Standaarde van die WHO. Dit is die verantwoordelikheid van die vervaardiger van produkte wat Qualité toekennings ontvang het, om Agri-Expo twee keer per jaar van skriftelike bewyse te voorsien dat die produkte aan bakteriologiese en chemiese vereistes voldoen.
- Skakel Kobus Mulder by 082 806 5093 of Memory Kalis by 021-975 4440 vir verdere inligting.
|
< Terug |
| |
|